AdvertorialBusinessNewsSponsored

Eers sekretaresse, nou eienaar van haar eie regspraktyk

"Ek glo dat jou reputasie nie jou sosiale status is nie, maar die kwaliteit diens wat jy lewer en hoe jy mense met jou produk bedien," sê Jacky Venter

Met doelgerigtheid en harde werk kan jy jou drome laat realiseer. Hiervan is Jacky Venter van die prokureursfirma wat haar naam dra, ‘n lewende bewys.

Sy was ‘n sekretaresse by twee groot regspraktyke en het in 2003 deeltyds met haar LLB-graad deur Unisa begin. Hoewel sy deurgaans ook voltyds gewerk het, het sy in 2009 haar graad behaal.

In Januarie 2012 het sy haar eie praktyk, J.R. Venter Prokureurs, geopen en die naam later verander na Jacky Venter Inc.  Jacky is ‘n aktevervaardiger sowel as ‘n notaris en hanteer hoofsaaklik Aktes, Egskeidings, Skuldhersienings en Siviele Litigasie. Sy neem sedert Februarie vanjaar ook waar as landdros in Vanderbijlpark.

Jacky beskryf haarself as baie doelgerig, gemotiveerd en uiters stiptelik. “Vinnige diens van ‘n hoë gehalte is my motto!”

Dié bedrywige ma van ‘n 23-jarige dogter, ‘n dieetkundige, doen CrossFit as stokperdjie en hou ook van boks (nie kompeterend, slegs vir oefening) en geniet dit om te reis.

“Ek glo dat jou reputasie nie jou sosiale status is nie, maar die kwaliteit diens wat jy lewer en hoe jy mense met jou produk bedien. Ek is altyd trots op die diens wat ek lewer aan al my kliënte,” sê sy.

Me. Jacky Venter.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button