Waterlek maak inwoners gek!

VANDERBIJLPARK - 'n Waterlek voor 'n woning-kompleks in Hendrik van Eck-boulevard is besig om die inwoners teen die mure uit te dryf.

‘Ons is al moedeloos gesukkel met Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM),” vertel André Kruger.

Die probleem is reeds verskeie kere aan ELM geraporteer, maar sonder enige sukses.

“Die water stroom reeds die afgelope drie maande die pad af en net mooi niks word gedoen nie. ELM is vinnig om elke maand ons rekeninge te stuur, maar daar is GEEN dienslewering nie,” kla André.

Dit is voorwaar ‘n groot probleem want oor dié tydperd is daar sekerlik reeds duisende liters kosbare water vermors.

“Dit is uiters swak en onaanvaarbaar,” sluit André af.

Die waterlek is reeds verskeie keer geraporteer, maar niks gebeur.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version