Local newsNewsNews

Kleuterdrukkies maak harte bly

Dit was 'n lekker kuier-oggend vir oud en jonk.

VAALPARK – Die inwoners van Ons Gryse Jeug in Sasolburg is Vrydag, 6 September verras met ‘n besoek van die jongspan van Umpi Lumpi preprimêr.

Umpi Lumpi is waar Lumiére Primêr se graad RR en graad R-leerders hul tuiste vind.

Een ouma, baie liefde.

Die opgewondenheid onder die Umpi Lumpies was groot. Dit was vir hulle lekker om sommer ‘n hele saal vol oupas en oumas te hê vir wie hulle kon drukkies uitdeel.

Elke inwoner het ook ‘n kolwyntjie gekry (die leerders het saamgeëet) en ‘n blom met ‘n magneet vir hul yskaste.

‘n Goeie kombinasie: Waar oupas en Umpi Lumpies ontmoet is daar baie laggies en liefde.

Die jongelinge het ook vir die inwoners gesing. Juffrou Juanita Hamman sê: “Dit was net iets lekkers wat ons gedoen het om hulle [die inwoners] harte bly te maak en hulle bietjie te laat lag.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button