Local newsNewsNews

Pret en plesier by Lente Stap/Draf

Dit was 'n vrolike mengelmoes wat die 7de die pretstap in Sasolburg aangedurf het.

SASOLBURG – Die NG Gemeente 4 Ankers was Saterdag van vroeg al in rep en roer. Die braaivleisvure is aangesteek, die pannekoekdeeg geroer en die glimlagte was warm al was die oggendluggie koel.

heuns Kolver en Stefan Hugo met hul medaljes. Adrie Kolver hou klein Vellies (vier maande) vas. Vellies het ook plek-plek saam geloop.

Dit was ‘n bonte skare wat aan hierdie jaar se Lente Stap/Draf deelgeneem het. Van jongelinge in stootkarretjies, honde aan leibande tot meer ernstiger atlete het die twee, vier of agt kilometer roetes aangepak.

Die lede van MS Hoop en hul getroue ondersteuners was ook daar en het met groot geesdrif en glimlagte klaargemaak.

Einstein du Plessis net nadat hy sy medalje ontvang het.

Harry Prinsloo, een van die MS-lyers, kon die roete in sy nuwe rolstoel voltooi. Hy het die rolstoel ontvang nadat MS Hoop en die gemeenskap ingespring het om hom met nuwe wiele te help.

Wouter le Roux met sy medalje nadat hy die 2km voltooi het. Dit maak nie saak hoe hy dit voltooi het nie…

Almal wat klaargemaak het, het medaljes ontvang en dit sluit die viervoetiges in.

Die dag se braaiers, Frans Lotter en Danie Moolman. Hulle sê hulle het 4km gebraai.

Back to top button