Local newsNews

Matrieks: Skryf in vir ons prettige wedstryd!

Plaas julle afskeidfoto's op Vaalweekblad se webwerf en staan 'n kans om verskeie pretpryse te wen!

Dis weer matriekafskeidtyd en soos elke jaar help Vaalweekblad om dit onvergeetlik vir skoolverlaters te maak met ‘n wedstryd om dié groot dag te onthou. Verskeie pretpryse is vanjaar op die spel!
Matrikulante kan hul afskeidfoto’s tot 15 November by hierdie skakel op Vaalweekblad se webwerf laai: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/matric-dress-competition/ om direk na die elektroniese blad te gaan waar foto’s opgelaai kan word.

Onthou dan om jou vriende en familie te vra om van 22 tot 29 November vir jou foto te stem. Die top 20 foto’s wat die meeste aanlynstemme kry, sal daarna in Vaalweekblad se papier-uitgawe gepubliseer word. Lesers kry dan ‘n geleentheid om vir die finaliste te stem. Die wenner en twee naaswenners sal vroeg in Januarie in Vaalweekblad aangekondig word.

Foto’s kan van ‘n individu óf ‘n gesamentlike paartjie wees, en kan gesig- of vollyffoto’s wees. Indien ‘n gesamentlike paartjie die uiteindelike wenners gaan wees, moet hulle die pryse onder mekaar verdeel.
Meer besonderhede oor die wedstryd is beskikbaar by Retha by 083 246 0523 (slegs WhatsApps).

Charlize Swanepoel was een van die pragtige deelnemers aan ‘n vorige jaar se matriekafskeid-wedstryd.

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button