Met fyn danspassies trap Ill-rika diep sake-spore

Centre Stage se missie is om die hoogste kwaliteit dansopleiding te bied en uitnemendheid te bevorder in alle studente, beide vir die hede as vir hul toekoms

Mev. Ill-rika Booyens, stylvolle eienaar en hoof van die Centre Stage Dance Academy in Arcon Park, Vereeniging, is ‘n uitstekende balletonderwyseres wat spesialiseer in die Cecchetti-balletmetode. Sy is in besit van ‘n “hoogs-gekwalifiseerde Onderwys Status Diploma” van die Internasionale Vereniging van Onderwysers vir Dans en die Cecchetti-vereniging van Suid-Afrika, tesame met ‘n lisensiaat in Anatomie.

As ‘n gesertifiseerde “Progressing Ballet Technique” opleier, integreer sy ook ballet en Pilates om dansers se tegniek en krag te verbeter. Met nog vele ander kwalifikasies agter haar naam, onder andere in Latyns-Amerikaans en dans-ondervinding in baie ander style, het Ill-rika ‘n omvattende agtergrond in koreografie vir skoolrevues, cheerleading-groepe en dansspanne. Sy beoordeel ook gereeld dans- en modelkompetisies.

Spesiale erkenning vir die Centre Stage Dance Academy sluit onder andere die GTCOC-toekenning vir uitsonderlike nasionale en internasiopnale optredes in, en die akademie was in 2017 ook Vaalweekblad se Sport-ster van die Jaar in die betrokke afdeling. Die akademie kan voorts spog met die titel as Beste Junior Dansskool by die SA Dansskoolkampioenskappe.

Centre Stage Dance Academy se hoogs-gekwalifiseerde span opleiers en onderwysers bied ‘n verskeidenheid dansstyle aan vir alle vlakke – van beginners van 3 jaar oud tot voorberoeps, met ‘n fokus op die ontwikkeling van uitmuntend-opgeleide dansers. Die akademie berei studente voor vir sowel eksamens as vir kompetisies, optredes en toekomstige professionele geleenthede. Centre Stage se missie is om die hoogste kwaliteit dansopleiding te bied en uitnemendheid te bevorder in alle studente, beide vir die hede as vir hul toekoms.

Ill-rika se talente eindig nie by dansopleiding nie. Sy is ook ‘n vernuftige sakevrou wat in 2022 die GTCOC se Besigheidsvrou van die Jaar-toekenning ontvang het.

* Vir meer inligting, kontak Centre Stage Dance Academy by 071 687 8575.

Mev. Ill-rika Booyens

Exit mobile version