70ste bestaansjaar in styl gevier

Daar was iets vir oud en jonk

SASOLBURG – Die Sasolburg Voortrekker Kommando het onlangs sy 70ste bestaansjaar tydens die Korhaanfees gevier.

Die dag se feesvieringe het met ‘n konvooi-optog afgeskop wat in Sasolburg Boulevard sentrum begin het en in Brilstraat by die kommando geëindig.

Na die optog en amptelike opening was daar ‘n toutrekkompetisie, volkspele en ‘n Afrikaanse vasvrae gehou.

Die jongspan het hulself vreeslik geniet met kussinggevegte, toutrek, sweepklap, tombola-speel en nog vele meer. Die boere-pannekoekmasjien het baie belangstelling gewek, asook die uitsonderlike Lego-skeppings van Riaan Pretorius (‘n oud-Vaaldriehoeker wat deesdae in Roodepoort woon).

Die jongspan het die toutrek-kompetisie geniet.
Te lekker ‘n kussinggeveg op ‘n balk.
Wie sê Lego bou is net vir kinders.
Die klassieke outydse karre het ook baie belangstelling gande gemaak.
Exit mobile version