Sonika en Sovann-span laat vroue sprankel!

"Deur my werk wil ek nie net mense se liggame aanraak nie maar veral ook hul harte," sê Sonika

Sonika Verwey beskryf haarself as ‘n introvert wat dit verkies om op die agtergrond te werk. Tog lewer haar ondernemings, Sovann Beauty Studio & Mobile Spa en B-Spoilt die tipe dienste wat enige vrou in staat stel om te skitter in die openbare oog!

Sonika het as plaasmeisie in Mphumalanga grootgeword en na skool drie jaar in die skoonheidsbedryf aan die Rand studeer. Met haar liefde vir plattelandse mense en ‘n rustiger bestaan het sy byna twee dekades gelede na Parys in die Vrystaat verhuis. Hier het sy uiteindelik haar eie skoonheidsonderneming geopen en later ook na Sasolburg en Vanderbijlpark uitgebrei.

Vandag is dit ‘n omvattende besigheid met professionele spanne wat verskeie skoonheidsdienste soos gesigbehandelings, liggaamsmassering, naelbehandelings, pedikure, wenkbroue (vorm en tint), waxing en vele meer aanbied. Spesialisdienste soos laserverwydering van tatoeëermerke, Microneedling, mikropigmentasie, permanente grimmering, sowel as Botox-fillers word ook deur hoogsopgeleide kundiges gedoen. Sy streef daarna om die beste dienste, alles onder een dak, aan te bied. Vir kliënte se gerief reis Sovann Mobile Spa ook na verskeie lodges, hotelle en private funksies.

“Deur my werk wil ek nie net mense se liggame aanraak nie maar veral ook hul harte. Ek wil mense bemoedig en my getuienis uitleef dat die Here goed is vir ons.”

Adres: Colloseum-gebou, Deliusstraat 7, SW5, Vanderbijlpark SW 5. Tel: 063 797 6740.

Sonika Verwey

Exit mobile version