Op 60 gelukkige huweliksjare saam

Veels geluk aan die Thomas-egpaar met hierdie besonderse prestasie

SASOLBURG – Hulle het mekaar in 1957 ontmoet. Die liefde het hul hartsnare geroer en 5 September 1964 het die huweliksklokkies vir Ralph en Shirley Thomas gelui.

Ralph en Shirley Thomas op hul troudag, 5 September 1964

Die huweliksplegtigheid is in George gehou. In 1972 het die gesin na Sasolburg verhuis waar Ralph as hoofdraaier by SASOL aangestel is.

Vandag is hul liefde nog net so sterk. Die egpaar het drie kinders gehad. Is oupa en ouma van drie kleinseuns, drie kleindogters en drie agterkleinkinders.

Die Thomasse sê: “Plaas God eerste in die huwelik, dan kry jy 60 goeie jare saam.

Exit mobile version