Elke gas verdien ‘n onvergeetlike kuier by dié hotel

Ons doelwit is om die beste en bekostigbaarste fasiliteite vir enige spesiale byeenkoms beskikbaar te stel en altyd 100% te gee vir elke gas wat by ons voordeur instap

Debbie Steenekamp, uitvoerende bestuurshoof en eienaar van Lord’s Signature Hotel, is mal oor mense – en mense oor haar! Sy hou daarvan om almal gelukkig te sien en om dié rede doen sy en haar span moeite om aan elke gas ‘n onvergeetlike, hoëgehalte ervaring te gee.

“Ons doelwit is om die beste en bekostigbaarste fasiliteite vir enige spesiale byeenkoms beskikbaar te stel en altyd 100% te gee vir elke gas wat by ons voordeur instap. Ons strewe daarna om altyd terug te gee aan ons gemeenskap waar ons kan, en verhoudings met mede-sakeondernemings in die omgewing te bou,” sê Debbie. Dié geliefde vrou en ma van twee tieners is mal oor diere, tuinmaak, die buitelug en kamp, en om tyd saam met haar gesin deur te bring.

Sy het ook ‘n fyn aanvoeling vir kuns en alles wat mooi is, daarom pas sy gemaklik in die stylvolle Lord’s Hotel-omgewing in.

Buiten uitmuntende akkommodasie bied Lord’s Signature Hotel ook konferensielokale, ‘n lieflike troulokaal en ander funksielokale aan. Dan is daar ook Camelot’s Kitchen wat smullekker voedsel voorberei. Tydens die gewilde Lord’s Market wat op sekere Saterdae aangebied word, kan besoekers in ontspanne luim deur die hoëgehalte uitstallings kom snuffel en na talentvolle kunstenaars se musiek luister. Dis ‘n belewenis. Kom kuier gerus!

Adres: Lord’s Signature Hotel, Raymondstraat 53, Risiville, Vereeniging. Tel: 016 100 5298 of 083 590 1760.

Debbie Steenekamp

Exit mobile version