NewsNews

Antiekmark Saterdag in Potchefstroom

Kom kuier en snuffel saam tussen al die vintage en antiekware te koop. Hierdie Saterdag in Potchefstroom

POTCHEFSTROOM – Hier is ʼn lekker uitstappie vir Vaaldriehoekers die naweek. Saterdag, 7 September vind daar ʼn groot Antiek & Vintage mark in Potchefstroom plaas.

Die Antiekmark is oop vanaf 08:00 tot 15:00 by die Van Rooyen Saal-kompleks in Piet Bosmanstraat, Potchefstroom.

Foto’s verskaf

Hierdie is ʼn jaarlikse mark wat elke jaar belangstellendes van oraloor trek. Die organiseerders het laat weet dat daar antiekware van heinde en verre te koop sal wees, sowel as ‘n verskeidenheid smullekker kos.

Kom geniet varsgebroude koffie wat gekomplimenteer word met ‘n sny ontwerperskoek of ‘n outydse pannekoek.

Elke jaar is daar ‘n verskeidenheid klassieke en antieke ware te koop

Van die ware wat te koop sal wees sluit in oudhede, versamelitems, antiekware, ou kaste, matte, boeke, porselein, antieke juwele, speelgoed en silwerware. Hierdie jaar is daar selfs ʼn paar klassieke motors te koop.

Daar sal iets van alles, vir almal wees. Kom geniet ’n heerlike dag saam met jou familie en vriende en wandel terug in tyd.

Kom kuier saam die naweek in Potchefstroom

Besoekers kan ook hul kreatiwiteit uitleef by die inwonende Pottery Cafe. Toegang is gratis. Vir meer inligting kontak Tania by 079 918 2092.

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button