AdvertorialBusinessNewsSponsored

Roze Girlz, die plek waar jy soet en salig bederf word!

Vandag is Rose Girlz dié plek waarheen jy gaan as jy 'n gemaklike en ontspanne tyd wil hê

VEREENIGING. – Rose Girlz se storie het 11 jaar gelede begin toe Lee Loubser, die stigter, besluit het om ‘n gesofistikeerde ruimte te skep waar sakevroue van die Vaaldriehoek bymekaar kon kom, sake kon doen en hulself kon bederf. Vandag is Rose Girlz dié plek waarheen jy gaan as jy ‘n gemaklike en ontspanne tyd wil hê, en jy die lekkerste drankies, soetgoed, ontbyt of middagete in die dorp wil geniet.

Rose Girlz maak ook voorsiening vir funksies soos kombuistees, baba-tees, verjaardagpartytjies, jaareindfunksies en vele meer. Die hele gebou, gerieflik geleë in Generaal Hertzogstraat 144, Drie Riviere, sluit ook ‘n haarsalon en ander winkels in. Die gebou vorm deel van ‘n groot familiebesigheid, Mac Prop, waarvan Lee ‘n direkteur is. Dié verhuringsmaatskappy huur onder andere ook meenthuise in Vereeniging en Pretoria uit.

Lee sê familie en sakesukses loop hand-aan-hand. Sy en haar man, Quintin, is mekaar se steunpilare in alles wat hulle aanpak. “Hy staan bankvas agter my en is finansiële bestuurder van die besigheid,” sê sy.

Lee beskryf haarself as ‘n toegewyde werker wat glo dat sukses nie vanself kom nie, maar net deur harde werk. “Ek is ‘n baie positiewe soort mens wat voluit lewe vir my man en drie pragtige kinders, en om ons kliënte 100 present tevrede te hou,” sê sy.

* Kontak Rose Girlz by 016 423 4256 of e-pos: info@rosegirlz.co.za

 

Lee Loubser

Back to top button