Local newsNewsNews

Eers die ongeluk, nou die brand

In Junie is sy in 'n gruwel ongeluk beseer en nou het hul woonstel afgebrand, maar Louisa de Coning sê: "Al wat ek weet is dat ons 'n Groot God dien."

VANDERBIJLPARK – Louisa de Coning was middel Junie in ‘n ernstige motorfietsongeluk waarin ‘n kollega en vriend van haar sy lewe verloor het.

Louisa en Eugene de Coning saam met hul seuns Louie, Rico en Theo nadat Louisa uit die hospitaal ontslaan is in Junie. Foto: Gerda Bruinette

Dinsdagaand, 27 Augustus het nog ‘n ramp die De Coning-gesin getref. Omstreeks 19:00 het ‘n brand in die woonstelblok waar hul huur in Mumfordstraat, CW1 uitgebreek.

Die agterkant van die woonstelle wat gebrand het. Foto: Gerda Bruinette

Die brand het vinnig na nog eenhede versprei en ook die De Conings se woonstel is in puin gelê.

Drie gesinne se lewens is totaal ontwrig. Woensdagoggend het die water nog van die eerste vloer waar die woonstelle geleë is gestroom.

Louisa se man Eugene en twee van hul seuns, Louis en Theo, het half radeloos voor die woonstelblok by van die bure rondgestaan.

Theo se chroniese medikasie was in die slag en almal het geleende klere gedra. Niemand is in die brand beseer nie, maar Theo se 9 visse het omgekom.

Die binnekant van die De Conings se woonstel na die brand. Foto: Gerda Bruinette

“My vissies is nou net charcoal, Tannie,” het hy oor en oor vertel. Daar word vermoed die brand het ontstaan weens ‘n kers.

Met Town Substasie (Curie Boulevard) wat Maandagaand gebrand het, is Mumfordstraat en omstreke deel van die area wat in die duister gelaat is.

Mense het dus geen ander keuse as om van kerse en gas gebruik te maak vir lig, hitte en kosvoorbereiding nie.

Back to top button