Local newsNewsNews

Rugby-vreugde vir Valia!

VANDERBIJLPARK - Die HS Transvalia is vir die eetste keer (gesamenlike) wenner van die SDC Noordvaalbeker se plaatafdeling vir eerste spanne.

Die eindstryd is verlede Saterdag op Valia se tuisveld beslis.

Die ligbloues het teen die gedugte span van HTS Middelburg te staan gekom. Albei spanne het hul harte uitgespeel en die wedstryd het van begin tot einde aan alles wat van ‘n eindstryd verwag word, voldoen.

Met die blaas van die eindfluitjie was die telling 24-24 en die spanne deel hierdie seisoen die glorie.

Volledige berig oor die dag se gebeure en meer aksie foto’s in die week se Vaalweekblad.

Anro Nagel, Valia se skrumskakel en onder-kaptein laat die bal loop. Foto’s: Elsje Vermeulen
Brandon-Lee Smit van Transvalia omring deur Middelburg-spelers.
HTS Middelburg stuur die bal terug na die agterlyn om verligting te bring.
Valia se Wynand Stolz op die aanvaal, met Dylan Steinmann gereed om te ondersteun.

Back to top button