Local newsNewsNews

Anri doen sommer alles in een

Anri Wenhold, een van die Vaal se swemsterre, blink ook in akademie uit

VANDERBIJLPARK – Anri Wenhold leef met oorgawe en het op jong ouderdom al ‘n passie en talent vir swem getoon.

Die 17-jarige is nie net ‘n sportster nie, sy blink ook uit in akademie. Sy het onlangs gematrikuleer deur HomeLife Academy en uit die 2 800 matrikulante, het sy die Special Achievementtoekenning ontvang.

Anri Wenhold met haar Special Achievementtoekenning en hoërskool diploma. Foto’s verskaf deur Annerine Wenhold

(HomeLife Academy, ‘n privaatskool gesetel in Jackson, Tennessee, VSA, het sowat 50 000 studente versprei oor 150 lande.)

Saam met haar hoërskoolstudies het sy ook reeds die eerste twee jaar van haar B.S (Business with HR specialisation) graad voltooi.

Anri laat steeds nie haar swem agterweë nie en maak seker dat sy elke week 12 na 16 ure se oefening kry.

Sy was altyd onder die bekwame afrigting van Benny Jansen, maar sedert sy afsterwe in 2023 swem sy nou onder leiding van Rocco Meiring (Tuks).

Back to top button