Taaldag en geskiedenis by Jeugland-kluboggend herdenk
Toeka se geskiedenis word lewend gehou deur lede van die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk
Die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is Donderdag, 8 Augustus, weer lewend gemaak met ‘n interessante aanbieding deur lede van die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk. Die aanbieding het deel gevorm van Jeugland-Aftreeoord se kluboggend en was ook ter viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus. Lede van die Kultuurnetwerk het die ABO se aanloop en grusame gevolge belig, maar so ook die Vrede van Vereeniging en die hoop op ‘n beter toekoms. Gedigte oor daardie tydperk in die geskiedenis is ook deur lede van die Kultuurnetwerk voorgedra.
Hier onder is foto’s van die opvoerings by Jeugland se kuieroggend in die Buitepossaal op Vanderbijlpark. Alle seniorburgers wat Donderdae wil kom saamkuier, kan meer inligting kry by me. Kartinka Nel of me. Mignon Venter by (016) 933-3995
Foto’s: Chilli PicNic