Jarelange Sasolburg-inwoner sterf

SASOLBURG - Andries Mans, ‘n jarelange inwoner van Vaalpark, is onlangs oorlede en sal beslis deur sy familie en die gemeenskap gemis word.

Andries is onverwags op 3 Augustus oorlede na ‘n baie kort siekbed.

Hy het vir amper 40 jaar as chemiese ingenieur by Safripol gewerk. Hy het in Desember 2018 afgetree.

Andries was baie betrokke in die gemeenskap, sy kerk en veral by verskeie sending uitreike. Hy was ook vir nege jaar die voorsitter van die Ereveldwagters Streek in die Vaaldriehoek. Dit het hy met ‘n passie gedoen en by talle projekte in verskeie Nationale Parke ‘n reuse bydrae gelewer.

Hy was ook ‘n stapgids wat sy passie vir die natuur met ander kon deel.

Sy vrou, Myrtle en dogters Lizette en Cecile, asook hul eggenote wil hiermee elkeen bedank vir die ondersteuning en gebede die afgelope tyd.

“Hy sal vir altyd gemis word”.

Wyle Andries Mans.
Exit mobile version