Tragies: Skoolkind sterf op rugbyveld in V’niging

Junior rugbydag tot stilstand gedwing

VEREENIGING. – Die Springs Rugbyklub is in rou gedompel nadat een van sy o.18-rugbyspelers tydens ‘n junior klubrugbydag op die Vereeniging Gimnasium se velde tragies gesterf het.
Christive Kamanyi Kimankinda (17) het tydens die Vereeniging Junior Rugbyklub se rugbydag rustyd in sy span se kragmeting teen Vereeniging Rugbyklub inmekaargesak. Die noodhulp en later paramedici het vir 45 minute reddingsasemhaling en borsdrukke op hom toegepas en hy is ook met defibrillator geskok. Noodpersoneel het sy hart twee keer aan die gang gekry maar kon nie ‘n derde keer daarin slaag nie. Hy het langs die veld gesterf.
Sy ouers het nie die wedstryd bygewoon nie, maar het van die Oos-Rand deurgejaag. Die oorledene se broer het in Vanderbijlpark vir Springs se o.21-rugbyspan teen NWU Vaal in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga gespeel en is deur sy ouers gekontak dat daar ‘n familiekrises is. Hy het hom na die Oos-Rand gehaas waarna hy uitgevind het dat sy broer in Vereeniging gesterf het. Slegs 10 km vanwaar hy in Vanderbijlpark rugby gespeel het.
Medelye stroom steeds van oral in.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal opgedateer word.

Exit mobile version