Driekuns vir onse Inspirasie Veelvoud

Die Vaaldriehoek se Nico van Vuuren het in 2023 en 2024 met Afri-Indie Toekennings weggestap. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Inspirasie Veelvoud (Nico van Vuuren) het die jaar twee gesogte AfriIndie toekennings gekry.

Beste Volwasse Kontemporêre Enkelsnit (Manlik): Inspirasie Veelvoud – “Witborskraai” en Beste Volwasse Kontemporêre Musiekvideo (Manlik): Inspirasie Veelvoud – “Witborskraai.

Verlede jaar het hy die toekenning vir Beste Afrikaanse Liedjieskrywer vir sy enkelsnit, Woorde in my dagboek verower.

“Dis nou ‘n trio van toekennings vir my, beste video, beste liedjieskrywer en beste liedjie,” glimlag hy. Sy harde werk begin vrugte afwerp.

Inspirasie Veelvoud (Nico van Vuuren) met sy twee Afri-Indie Toekennings.

Aan die video van Witborskraai het hy bykans 18 maande gewerk. Geld was daar nie om ‘n produksiehuis te betaal nie, hy het alles self gedoen, van die animasie tot by die kamerawerk.

“Die Afri-Indies hierdie jaar was regtig lekker. Ons is goed ontvang en alles was teen 22:00 verby. Was ook lekker om al die Vaaldriehoekers te sien wat pryse gekry het. En Mirandi mag maar sing.”

Met die toekennings in sy sak, werk Nico aan sy eerste album. “Ek het ‘n meesterplan en ek werk daarvolgens.”

Die een ding wat hy oor die jare geleer het en wat hom nou weer by die Afri-Indie Toekennings opgeval het is, “stay true to yourself.”

“Dis nie maklik vir ons onafhanklike kunstenaars nie, maar ek wil onafhanklik bly. My musiek, op my manier,” verklaar hy beslis.

Exit mobile version