Maak gereed vir prettige markdag

VANDERBIJLPARK - 'n Markdag met die oog op liefdadigheid word op 31 Augustus deur Cas Aucamp Properties in samewerking met J&B The Playground Family Restaurant gehou.

Hulle nooi die gemeenskap om die dag te ondersteun en in al die pret te deel.

“Die doel van die dag is om soveel moontlik donasies in te samel vir die Eagle Wings Shelter.

“Daar gaan stalletjies wees wat skoene, kos en vele meer verkoop. Daar gaan ook live entertainment wees,” nooi die organiseerders.

Inwoners wat die dag wil ondersteun kan betrokke raak deur van die onderstaande items te skenk:

Klere, skoene, kruideniersware, huishoudelike produkte en toiletware.

Die produkte en skenkkings kan vooraf afgelaai word by:
Cornwallis Harris Straat SE7, Vanderbijlpark – J&B The Playground Family Restaurant, of 4 Macowen Straat SE2, Vanderbijlpark – Cas Aucamp Properties tussen 08:00 en 16:00.

Vir meer inligting oor die markdag skakel 016 932 3628.

Exit mobile version