NewsNews

Stralend gesond tot breingewas-siek oornag

Larissa (21) kan gesond word, mits sy dringend 'n breinoperasie ondergaan, maar die mediesefonds betaal nie alles nie. Meer inligting ook in Vaalweekblad van 23 Augustus.

DRIE RIVIERE – Tot onlangs was Larissa van Baalen (21) ‘n gesonde bondel energie wat haar passie vir mense in haar werk as naeltegnikus uitgeleef het.

Dinsdagoggend, 14 Mei omstreeks 04:00 het haar verloofde wakker geword met Larissa wat ʼn epileptiese aanval kry. Iets waaraan sy nog nooit voorheen gely het nie.

Die aanval was so erg dat sy haar bewussyn verloor het. Sy is inderhaas met ʼn ambulans na ʼn privaat hospitaal vervoer waar sy gestabiliseer en na ʼn privaat hospitaal in Vanderbijlpark oorgeplaas is.

Larissa het verskeie toetse en skanderings ondergaan en die verskriklike nuus ontvang dat daar ʼn gewas op haar brein is.

Sy is na die Wits Donald Gordon Mediesesentrum verwys waar bevind is dat geen behandeling behalwe ʼn operasie sal werk nie.

Aangesien die gewas tussen twee hoofare na die brein gevorm het, is dit ʼn uiters gekompliseerde operasie wat sy moet ondergaan.

Neuruchirurg, Dr. Maurizio Zorio, van Milpark Hospitaal sal die operasie behartig wat tot ses ure kan duur.

Alhoewel Larissa aan ʼn mediesefonds behoort, dek die fonds nie al die onkostes nie.

Haar ma, Mev. Yolanda Basson sê hulle het al heelwat geld ingesamel, maar benodig dringend nog sowat R150 000.

“Die operasie was eers geskeduleer vir later in September, maar die situasie is kritiek en die span spesialiste gaan dit nou 30 Augustus doen,” het sy in ʼn telefoniese onderhoud gesê.

Enige finansiële bydraes om Larissa te help kan in die volgende trustrekening betaal word:
JENNINGS INC TRUST ACCOUNT
Rekeningnommer: 62749711869
Bank: First National Banbk
Branch Code 251345
Swift Code FIRNZAJJ
Verwysing: DON001

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button