Local newsNewsNews

Prettig in pienk op die krieketveld

VANDERBIJLPARK - Die Hoërskool Driehoek het onlangs die NCW Pink Day-toernooi aangebied en almal in pienk was die wenner op dié dag.

Dit is die tweede keer dat Hoekies die toernooi op Vrouedag aanbied, met die oog op dogterskrieket-ontwikkeling.

Die spanne wat deelgeneem het is:
Die Daisies (saamgestelde ontwikkelingspan), HS Overvaal, Die Ankerskool, Dr Malan en natuurlik HS Driehoek.

Roelien Visser van die Hoekies met nog ‘n aflewering in die wedstryd teen HS Overvaal. Foto’s: Elsje Vermeulen

Die uitslae van die dag is:
Daisies vs Overvaal – Daisies wen en Roelien Visser is speler van die wedstryd met 3/2 in 1 beurt

Dr Malan vs Anker – Dr Malan wen en Jessica van Heerden is speler van die wedstryd met 23*

Driehoek vs Overvaal – Driehoek wen en Jorina le Roux is speler van die wedstryd met 1/1 in 1 beurt

Daisies vs Anker – Anker wen en Chantel is speler van die wedstryd met 51*

Driehoek vs Dr Malan – Driehoek wen en Elysia Fourie is speler van die wedstryd met 50*

Ander prestasies
Beste vangskoot – Jade Vrolijk

Beste vennootskap – Driehoek se Metschke Myburgh en Kaylen Erasmus met 108

Speler van die dag – Elysia Fourie

“Eina jy’t my raak geboul.”
Anne-Lee Steyn en Kaylen du Plessis van Die Ankerskool.
Leanel Gouws van HS Driehoek maak gereed om die bal grens toe te stuur. Sy was die enigste speler tydens die wedstryd wat ‘n ses geslaan het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button