Local newsNewsNews

Udia hou Vaal se naam hoog

Derde plek in 'n nasionale redenaarskompetisie... Dit wil gedoen wees. Lees meer oor Udia in Vaalweekblad van 16 Augustus.

VANDERBIJLPARK – Udia Grobler (graad twee) het 12 Augustus ‘n skitterende derde plek in die ATKV se Nasionale Redenaarskompetisie behaal vir graad 1 – 3’s.

Die finaal is by die ATKV Klein Kariba vakansieoord in Bela-Bela gehou. Udia was die enigste Vaaldriehoeker wat onder die wenners was en spog nou met ‘n sertifikaat en ‘n spesiale Redenaars Finaal balkie.

Haar tema was: teken is belangriker as wiskunde. “‘n Mens kan nie wiskunde doen sonder tekeninge nie,” was haar enigste kommentaar.

Sy het dit geniet om aan die redenaarskompetisie deel te neem en sê dat sy dit elke jaar gaan doen.

Volgende in haar visier is die Kunstefees waar sy aan verskeie items van lees en voordrag tot by storie skryf gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button