Rawson Meyerton wys hul warm harte op koue dae!

'n Lekker verrassing vir ons nooddiensspanne!

 

MEYERTON. – As deel van Mandela-maand het die span van Rawson Properties Meyerton onlangs die nooddienspersoneel en verkeersamptenare van die dorp met lekkernye bederf.
Op 25 Julie was Rawson se Meyertonspan douvoordag uit die vere om Midvaal se brand- en reddingspan in snerpende koue weer met ‘n “Coffee & Cupcake Drive” te verras.

“Die mans en vroue van hierdie departemente is van die mees onbaatsugtige staatsamptenare wat jy ooit sal teëkom, en ons as ‘n span het dit goed gedink om ‘n bietjie terug te gee aan hulle om ons waardering vir hul diens aan die gemeenskap te toon,” sê mev. Marli Janse van Vuuren, wat die projek geïnisieer het.

“Hul dankbaarheid en verbasing dat iemand so iets vir hulle doen, was hartverblydend om te sien. Vir ons as span was dit beslis die moeite werd om die koue te trotseer om dit te kon beleef.”
Rawson Meyerton se uitreik was egter nie tot die verkeers- en nooddienste beperk nie. Die span het vroeër in Julie ook ‘n sop-en-broodjiedag in Sicelo aangebied, waar talle inwoners, jonk en oud, lekker eetgoed ontvang het.

 

Me. Anna Mpai, Meyerton se verkeershoof, saam met mev. Marli Janse van Vuuren, wat Rawson Properties Meyerton se projek geïnisieer het.

Die span van Rawson Meyerton saam met lede van die brand- en reddingsdienste.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version