Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Wat gebeur by die Olimpiese Spele?

Laerskool D.F Malherbe in Vanderbijlpark se jongspan weet nie regtig wat is die Olimpiese Spele nie, maar hulle kan jou 'n ding of ses vertel van die Springbokke.

Wat gebeur by die Olimpiese Spele en hoe lyk ‘n Springbok of is dit ‘n springbok?

Gerda Bruinette het by die juniors van Laerskool D.F Malherbe gaan hoor en ja, as mens tussen ses en agt jaar oud is, dan mag jy rondspring tussen onderwerpe.

Christiaan Labuschagne

Christiaan Labuschagne

Ek weet nie wat is dit (Olimpiese Spele) nie. ‘n Springbok lyk soos ‘n bok. Springbokke is normale mense, maar hulle is ekstra groot, sterk en vinnig.

Melinke van Vuuren

Melinke van Vuuren

Skud net kop oor die Olimpiese Spele. ‘n Springbok het ‘n swart streep oor sy maag en is ligbruin met kort horings. Dis nie ‘n groot bok nie. Die Springbokke het Springboktruie en hulle is groot.

Scott Henderson

Scott Henderson

Trek skouers op oor die Olimpiese spele, maar… ‘n Springbok is swart en wit en ligbruin. Die Springbokke speel in groen hemde met wit broeke. Hulle is Springbokke want hulle speel vir Suid-Afrika en is ekstra groot.

Alana Grobler

Alana Grobler

Ek weet wat is die Olimpiese Spele. Daar’s hokkie, gimnastiek en dans van al die lande. Ek dink ek gaan gimnastiek wees want ek doen gimnastiek en dans. Ek hou nie van rugby nie. Hulle skree te veel in die huis as die rugby aan is.

Mikala Schoeman

Mikala Schoeman

‘n Springbok is klein, bruin en wit en kan goed spring. Die Springbokke is normale mense wat net baie goed kan rugby speel. Ek skree vir die Springbokke.

Lourens Oosthuizen

Lourens Oosthuizen

Is die Olimpiese Spele die atletiek goed? Ek kyk meer rugby. Dis ‘n bokkie wat maak of hy spring en dan is hy gevries in die lug op die Springbokke se hempies. Die Springbokke is baie goed in rugby. Net een is bietjie baie lank. Eben Etsebeth. Die ander is normale grote.

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button