Brandbestryders spook om veldbrand by Suikerbosrand-natuurreservaat onder beheer te kry

Die brand het glo Saterdag ontstaan.

Brandbestryders van Midvaal spook die afgelope paar dae om ‘n brand by die Suikerbosrand-natuurreservaat in die suide van Gauteng te blus.

Die brand het vermoedelik Saterdag ontstaan.

Sedertdien spook brandbestryders om die brand onder beheer te bring.

Die reservaat is Maandag (29 Julie) vir besoekers se veiligheid gesluit.

Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, het Dinsdag (30 Julie) in ‘n Facebook-plasing die Midvaal-brandbestryders, die brandbestrydingsvereniging en AfriForum geloof vir hul heldhaftige poging om die veldbrand te stuit.

“Julle toewyding het ons pragtige land en sy wilde diere gered. Ware helde!” het Teixeira gesê.

Besoekers is gevra om versigtig te wees met sigaretstompies, aangesien veldbrande maklik in hierdie toestande kan ontstaan en versprei.

Brandbestryders van Midvaal op die toneel.
‘n Veldbrand by die Suikerbosrand-natuurreservaat.
Exit mobile version