Vrydagaand kuiers is die lekkerste

Oor naweke pop die Vaaldriehoek se kunstenaars oral uit en lewer vermaak uit die boonste rakke.

VAALPARK – Vrydagaand, 19 Julie was kookwater by The Bar with No Name & Family Restaurant in Vaalpark.

BellaQ het Vrydagaand by The Bar with No Name & Family Restaurant opgetree. Foto: Gerda Bruinette

BellaQ het opgetree en ieder en elk van hulle sorge laat vergeet. Sy is oorspronklik van Kuba, woon tans in Roodepoort, maar tree gereeld in die Vaaldriehoek op.

Sy verstaan hoe om te bekoor, te vermaak en Kubaanse danspassies, selfs op Afrikaanse musiek, te doen terwyl haar stem nie ‘n noot verloor of ‘n asemteug mis nie.

Onder die gaste was daar ook bekende Vaalparker, Stephen Venter (Bring Hoop Vaal en aanbieder van Die Laaste Rat) en sy familie en vriende.

Dit was Stephen se verjaarsdag en daar is behoorlik lekker gekuier en gedans.

Exit mobile version