Ons weet wat ons weet: Hoe speel mens rugby?

Rugby. Dis nou die een sport waaroor die meeste van ons gaande is. Maar hoe speel mens rugby? En hou die jongspan van die spel? Gerda Bruinette het by Laerskool Eligwa se gr.1 – 3’s gaan hoor.

Faith van Zyl Rugby is te groot woord. Ek hou van netbal. ‘n Mens hardloop en dan gooi jy die bal vir jou maatjie. En die een in die doel gooi die bal deur die net. Ek het al senter gespeel in netbal.

Faith van Zyl

Liam Coetzer Ek hou baie van rugby. Ek het al drie drieë in een game gedruk. Een span laat die bal gaan en skop die bal. Dan word ‘n ou getackle en die ander staan bo-oor hom om die bal te beskerm. Jy moet vorentoe hardloop om by die drie-lyn uit te kom.

Liam Coetzer

Arlize Koster Ek hou nie so baie van rugby nie. Hul druk dries, pass balle en tackle die ou. Ek speel netbal en hou van gediggies opsê en om in die spreekkoor te wees.

Arlize Koster

Cobus Pfahl Ek hou van rugby en ondersteun die Bulle en Springbokke. My gunstelingspeler is Kwagga Smith. Rugbyspelers skop die bal en druk ‘n drie. Hulle pass en hardloop op die veld.

Cobus Pfahl

Raylan Rode Ek hou so ‘n bietjie van rugby. Speel eintlik krieket. Op die rugbyveld skop hulle die bal, en try om ‘n drie te druk en oor die pale te skop. Dis ‘n drie, mens noem dit nie ‘n vyf nie, want dan’s dit nie ‘n drie nie.

Raylan Rode

Leshaandré Smith Nee, ek het een keer gespeel en toe kry ek seer. Ek hou nie van rugby nie. Hulle hardloop net en gooi die bal vir mekaar. Ek speel netbal en hokkie en doen cheerleading. Ek hou ook van gediggies opsê en spreekkoor.

Leshaandré Smith

 

Exit mobile version