Dis binnekort tyd vir Loslitdag

Het jy al jou Casual Day plakker? Eureka Skool se projek om plakkers te verkoop is weer volstoom aan die gang.

VEREENIGING – Loslitdag (Casual Day) is al vir 30 jaar deel van Suid-Afrika se kalenders.

Die heel eerste Loslitdag is in September 1994 gevier en almal het geel strikkies gedra.

Mathys Roets sing Koos du Plessis se Sprokie vir ‘n Stadskind.

Deur die jare het die tema elke jaar verander en die strikkies het plek gemaak vir plakkers, selfs virtuele plakkers.

Die doel het egter dieselfde gebly. Om fondse in te samel vir persone met fisiese en intellektuele gestremdhede.

Gerda Janssen (onderwyseres by Eureka Skool) en Wilmarié Botha (hoof van Prestigious Aureate Primary School in Vanderbijlpark) tydens die loodsingsontbyt.

In die Vaaldriehoek is Eureka Skool aan stuur van die projek en spoor jaarliks ander skole en besighede aan om by hulle plakkers te koop.

Hierdie jaar is geen uitsondering nie. Vrydag, 12 Julie is vanjaar se projek met groot opgewondenheid by die skool geloods.

Die leerders het van vroeg al van die hek af met kleurvolle vlae, danspassies en baie glimlagte die gaste welkom geheet.

Tydens die loodsingsontbyt is sertifikate oorhandig aan die ses Vaaldriehoek laerskole wat die meeste plakkers in 2023 verkoop het.

Eureka leerder, Levuyu Gumbi en assistent Pienkie Rakhetsi was deel van die verwelkoming.

Die eerste plek het behoort aan Laerskool Handhawer, gevolg deur Selbourne Primary, Laerskool D.F Malherbe, Vryheidsmonument, Suikerbos en Laerskool Kollegepark.

Eureka Skool het van die geleentheid gebruik gemaak om al die besighede, skole en individue wat hulle so getrou ondersteun, te bedank.

Die kersie op die koek was die gaskunstenaar, die welbekende Afrikaanse sanger, Mathys Roets.

Liyema Matinise by die terapieperd wat ook spesiaal vir die geleentheid opgetooi is.

Sy musiek het almal meegevoer en sy woorde het geïnspireer. Hierdie jaar se Loslitdag vind plaas op 6 September.

Om plakkers te koop ten einde Eureka Skool te ondersteun, kontak vir Santie by 073 181 4096. Plakkers kan ook vanaf https://casualday.co.za/casualday-2024/ bestel word teen R20 per plakker.

Exit mobile version