Local newsNews

NG Driehoek beplan lekker basaar en musiekdag

Vanjaar gaan 'n plaaslike welsynsorganisasie ook by die dag baat. Nomineer gerus 'n organisasie van jul keuse teen 28 Julie.

 

VANDERBIJLPARK. – Die NG Gemeente Driehoek beplan ‘n opwindende basaar en musiekmarathon vir 24 Augustus.
Vorige jare was daar ‘n orrelmarathon van 12 ure, maar vanjaar gaan die bekende musikant en orrelis, Franz Geldenhuys, musiekliefhebbers vanaf 07:00 tot 19:00 op verskillende tipes musiek (beslis ook orrelmusiek) trakteer.
“Ons het besluit om 30% van die opbrengs van die musiekmarathon aan ‘n plaaslike welsynsorganisasie te skenk,” sê ds. Rethie van Niekerk, leraar van die gemeente.
Enigiemand kan ‘n organisasie nomineer. Nominasievorms is beskikbaar by die kerkkantoor, of stuur ‘n e-pos na ng3hoek.kantoor@gmail.com vir meer inligting. Terme en voorwaardes vir nominasies is op die vorms. Nominasies sluit 28 Julie.
Die organisasie wat die fondse ontvang, sal op 4 Augustus met ‘n trekking bepaal word.
Verdere inligting rondom die dag is beskikbaar by https://bit.ly/Driehoekbasaar

Check Also
Close
Back to top button