Local newsNewsNews

‘n Liplekker Mandela Dag by Vaal Mall

Mandela Dag was nog nooit so smaaklik nie

VANDERBIJLPARK – Dinge het letterlik en figuurlik op Mandela Dag by die Vaal Mall Winkelsentrum gekook toe die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) 4 000 etes aan die gemeenskap bedien het. Die reuse 3 000kg pot wat deur MAN Energy Solutions South Africa gefabriseer is vir Rocking the Vaal wat op 16 Maart plaasgevind het, word nou in die Vaaldriehoek gebruik vir verskillende projekte.

Hoewel ieder en elk se onbaatsugtige bydrae waardeer word, verdien die kok Waldo Schouwstra (eienaar van Farm ‘n Sea Grillhouse) spesiale erkenning. Hy het Woensdagaand 20:00 begin en regdeur die nag gekook. Sowat 1800 liters sop en 10 000 snye brood is tydens die projek uitgedeel en verskeie liefdadigheidoranisasies het by die projek gebaat.

Die borge van die projek was: GTCoC, Slabvest, Gas and Lube, Farm ‘n Sea Grillhouse, Mann Energy Solutions, Elite Tents, Toolac, I-Water, Triptiek Butchery, Continental Fresh Meat Wholesalers, Custom Cut Butchery, Harry’s Butchery, PnP SE2, La Oma, Freslinq Vaal, OK Carter Street, Zio Food, Vaal Cleaning Supplies, V-Tec trailers, Sleepwa Parte, Gereformeerde Kerk Vaalpark, Willies Confectionery & Bakery, Pit Pro Tyre & Auto Centre, Turn ‘n Tender, John Dory’s, Spur, Panarottis, Steers, Debonairs, Fishaways, Wimpy, Gold Rush, Standard Bank en PnP.

Besighede en individue wat gehelp het om broodjies te smeer is: Vereeniging Lions Club, Gold Rush, Game, Standard Bank, Biltong 4 Africa, KFC, PnP, Dischem, Clicks, 90.6 FM, Renita Lombard Productions, Edgars, Sleepwa Parte, Specsavers, Mandisa (Mev. Suid-Afrika finalis), Steers, Fishaways Wimpy, HVAC, Vaal Mall management en Tracker SA.

Back to top button