Visse vat hoek in ysige koue

SASOLBURG. - Dit mag dalk sommige dae ysig koud wees, maar die Hap en Kap Hengelklub se lede laat hulle nie afskrik nie.

Die klub het sy maandelikse kompetisie op 29 Junie by Buurmans, Vaaldam gehou.

Ten spyte van die bitterkoue het die visse mooi gebyt en kon die lede daarin slaag om heelwat vis te land.

Daar is in totaal 187 vis vir ‘n totale gewig van 149.54kg ingeweeg.

Die afdeling-wenners is:

Dames: Sonja Janse van Rensburg met 7 vis vir 4.334kg

Seniors: Driaan Pieters met 28 vis vir 23.810kg

Veterane: Danie Heydenrych met 16 vis vir 11.020kg

Juniors: Meandro Pieters met met 8 vis vir 7.824kg

Penkoppe: Cody Mayerhoffer met 8 vis vir 5.288kg

Wimpie Willemse met die grootste karp van die dag 2.884kg.
Dames-wenner Sonja Janse van Rensburg met haar vangs van die dag.
Senior-wenner Driaan Pierst met sy vangs.
Veterane-wenner Danie Heydenrych met een van sy visse.
Junior-wenner Meandro Pieters met sy vangs.
Penkop-wenner Cody Mayerhoffer met een van sy visse.
Exit mobile version