Local newsNewsNews
Luandre en Ronan sal gemis word
Twee Gr.11-leerlinge van die HS Transvalia het tragies in 'n motoringeluk gesterf
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/07/Featured-Images-2020104-780x470.jpg)
VANDERBIJLPARK. – Die twee Gr.11-leerlinge van die HS Transvalia wat Vrydagaand 19 Julie tragies in ‘n motorongeluk gesterf het, is as Luandre Barnard en Ronan Gardiner geëindentifiseer.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/07/Ronan-533x800.jpeg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/07/Luandre-533x800.jpeg)
Die tragiese nuus is Maandagoggend deur die HS Transvalia in ‘n persverklaring bevestig.
“Ons dink ook aan die ander insittendes wat beseer is. Ons opregte medelye aan beide leerders se ouers, familie en vriende met hulle groot verlies, mag hulle troos en genade van ons Hemelse Vader ontvang. Ons bid ook vir volkome genesing vir die ander insittendes,” lui die verklaring.
Een van die ander insittendes Janu van Staden van die HS Driehoek sterk tans by die huis aan. Die identiteit van die bestuurder van die voertuig is nog onbekend.