Nuwe sangwedstryd gaan behoeftiges ondersteun

Almal met sangtalent, hier is julle kans om raakgesien te word én 'n verskil te maak in 'n behoeftige se lewe!

 

Dorp Toe Pub and Grill, in samewerking met die groep The Wolfpack, bied binnekort hul tweede “The Voice of Dorp Toe” aan.
Dit is ‘n professionele sangkompetisie wat oop is vir alle sangers – of jy al dikwels aan sulke wedstryde deelgeneem het of nog nooit nie.
In ‘n totale nuwe benadering word deelnemers toegelaat om in die eerste twee rondtes gebruik te maak van “karaoke backtracks”. So, as jy gereeld karaoke doen en jou vriende en familie dink jy kan, is hierdie jou geleentheid.
Die “Voice of Dorp Toe” word beoordeel volgens internasionale standaarde en riglyne. Verskeie opwindende pryse sal op die spel wees.
Alle sangers bo die ouderdom van 12 jaar kan deelneem en inskrywingsgeld is R100 per sanger.
Die eerste uitdunrondte vind plaas op Sondag, 18 Augustus. Toegang vir die publiek is gratis, maar daar word versoek dat almal minstens een item nie-bederfbare voedsel of toiletware sal saambring. Die items sal deur Dorp Toe aan plaaslike instansies geskenk word.
Vir meer inligting, kontak 083 625 0365 (slegs per WhatsApp).

Onder die deelnemers en organiseerders van die vorige aanbieding van ‘The Voice of Dorp Toe’ was (staande van links): Zeska, Dave Fouché, Marie, Susan en Julia. Voor van links is Cathy en Leigh.
Exit mobile version