Ek sê maar net… Sterk karakters met harte van goud

RUBRIEK. - Kyk dan nou so.... hierdie drie laerskoolmeisies kan enige een ispireer om 'n verskil te maak. Hulle doen en besef dit nie eens nie.

RUBRIEK. – Die week is ek beïndruk deur drie jonge dogters van verskillende laerskole in Vanderbijlpark.

Elkeen het ‘n hart van goud en elkeen se potensiaal om eendag ‘n groot verskil op hul eie manier te maak, is groot. Want, hulle maak reeds ‘n impak.

Limarize Viljoen is net 11 en in graad 6. Sy wil op ‘n kamp gaan in Oktober. Die fooie is hoog, maar sy het besluit om haar deel te doen en te werk daarvoor.

Sy en haar ouma bak en versier nou donuts. Met die intrapslag wil sy net vir my donuts aandra en ek en hul familievriendin, Nicky is bevoorreg om hul eerste suurlemoengeur te probeer.

Seg ek vir haar sy moet onthou om die volgende dag vir die skoolhoof te vat, ek het hoeka ‘n afspraak daar. So wag die hoof, Frans van Kradenburg, my in die voorportaal in.

“Ek maak vir ons koffie en wil jy ‘n donut hê?” en die man se oë skiet vraagtekens oor die onverwagte pakkie wat hy ontvang het. Sy het hom duidelik nie die hele storie vertel nie.

Ek lig hom in en sien hoe swel ‘n hoof se hart van trots. Ek sê maar net… “Dis nou waarvan ek hou om te hoor,” en hy eet sommer twee.

Dan is daar Maruche Herbst. Sy is in graad 1. Ene kuiltjies en breë glimlaggies al het die tandmuis haar voortande kom haal.

Haar hare is in ‘n kort bob gesny en spog met ‘n groot strik in Vaalpark Primêr se kleure.

Die jonge dame het op haar eie besluit om haar lang hare af te sny om kankerpasiënte te help. Haar hartjie loop oor van liefde en sy wil net almal om haar bly maak.

Amoré Calitz is ook in graad 1. Twee bakstene groot. Ek ontmoet haar by Laerskool Emfulenipark.

Sy begin dadelik gesels terwyl ons vir die ander maats wag vir die Ons weet wat ons weet onderhoude. E

k stel haar aan as my sekretaresse. Sy moet toesien dat die ander rustig is en my een vir een kom sien.

Amoré organiseer die ander (van hulle ouer as sy) asof sy vir die rol gebore is. Die gesiggie helder verder op toe ek haar na die tyd vertel sy is ‘n goeie leier en ek sien sy kan nog hoofdogter word.

Sy het die selfvertroue, sy het die organiseringsvermoë en ses jaar van nou af gaan sy die skool regeer… Ek sê maar net.

Exit mobile version