AdvertorialBusinessNewsSponsored

Express Employment wil help om werk vir miljoen werksoekers te vind!

"Ons wil die Vaaldriehoek blou verf met ons dienste… Ons wil ‘n verskil maak en mense hoop gee"

VANDERBIJLPARK. – Express Employment Professionals (Vaaldriehoek) se visie sê reeds alles: Om soveel mense as moontlik te help om goeie werk te vind, en soveel werkgewers as moontlik te help om goeie werksmense te kry.
Express Employment Professionals is ‘n franchise wat meer as 40 jaar gelede in Amerika begin is. Daar is reeds meer as 900 franchisees in ses lande, naamlik in Amerika, Kanada, Botwana, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië. Tans is Express Employment instrumenteel om werk aan ongeveer 566 000 mense per jaar te verskaf, en hulle streef daarna om dié getal na 1 000 000 te laat groei! Dié toonaangewende personeelverskaffer het nou 25 franchises in Suid-Afrika.

Express Employment se Vaaldriehoektak is deur Neels Botha en Alida Smit begin. Neels is ‘n gesoute besigheidsontwikkelaar met baie wye ondervinding in logistiek, aankope en menslike hulpbronbestuur.
“Om unieke oplossings vir alledaagse besigheidprobleme te vind, is beslis een van Neels se sterk punte,” sê Alida.
Alida is self ‘n gerekende entrepreneur wat al verskeie suksesvolle sakeondernemings tot stand laat kom het. Haar kennis en ondervinding om besighede van die grond af op te bou, is reeds bewys en goed getoets.

Die dienste wat deur Express Employment Professionals (Vaaldriehoek) verskaf word, behels Menslike Hulpbronbestuur, wat die volgende insluit:
• Permanente werwing en plasings
• Tydelike en projekarbeid
• Evaluasie, Werwing en Plasings
• Betaalstaat uitkontraktering en Befondsing
• Kriminele / Agtergondverwysings
• Verkoop van Arbeidsplakkate
• HR Konsultering
• IR Konsultering
• Vaardigheidsassessering (Skills assessment)

“Die feit dat ons besigheid bestuur word deur die plaaslike eienaars en ons die ondersteuning van ‘n internasionale maatskappy het, maak ons uniek. As gevolg hiervan is ons toeganklik en kan baie vinnig besluite neem. Dit, gekombineerd met ons konsulterende aanslag om die probleme wat ‘n maatskappy ervaar op ‘n individuele manier aan te spreek, maak Express Employment Professionals Vaal Triangle werklik besonders. Ons vind unieke oplossings vir werkgewers se unieke behoeftes en ons glo nie aan ‘n “one size fits all” benadering nie,” sê Alida.

Express Employment Professionals (Vaaldriehoek) is ISO 9001:2015-geakkrediteerd en ‘n Vlak 1 BBBEE. Die onderneming is selfbefondsend, met ander woorde, hulle het nie met lenings en rente te kampe nie. Express Employment (Vaal) voldoen aan al die Bedingingsraad se vereistes, sowel as ten volle aan regeringsvereistes.
“Express is in die Vaaldriehoek om ‘n verskil te maak in die gemeenskap en vir besigheidseienaars. Ons wil die Vaaldriehoek blou verf met ons dienste… Ons wil ‘n verskil maak en mense hoop gee,” sê Alida.

* Besoek Express Employment (Vaal) by Rossini Boulevard 77, Vanderbijlpark. Stuur ‘n e-pos aan Alida.smit@expresspros.co.za vir meer besonderhede of besoek hul Facebookblad of hul webwerf by https://www.expresspros.co.za/vaaltriangle/

**************************************************

Express Employment Professionals (Vaaldriehoek) se span is van links: Lelanie Bothma, Tanya du Plooy, Neels Botha, Alida Smit, Trudie van Deventer en Dorothy Liphoko (inlas).

Impact your business while receiving the service you deserve.

Express Employment Professionals is a compliant Staffing Solutions Provider with expertise across varied sectors and levels. An international company large enough to serve you completely and a locally owned office small enough to move quickly and act independently. Our office is backed by one of the fastest growing employment companies in the world, and with one contact, you have access to our entire network of professionals.

The Staff You Need, When You Need Them
Your local Express team will take the time to understand your business needs. We can connect you with screened and qualified workers in a wide range of Office Services, Light Industrial, and Professional positions.

You take care of business whilst we take care of you.

Back to top button