Local newsNewsNews

Alle Vaal bruide genooi om deel te neem

Vaalweekblad nooi plaaslike bruide wat hierdie jaar trou om aan ons Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem. Inskrywings is gratis en daar is soos altyd pryse op die spel.

As jy dus reeds hierdie jaar die knoop deurgehak het, wil ons graag jou inskrywing ontvang.

Stuur dus jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn. Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

Hier is nog van die bruide wat reeds foto’s ingestuur het.

Lettie en Johan Combrink van Koppies is op 20 April getroud.
Kaylee en Stian Stoltz van Sasolburg is op 27 April getroud.
JJ en Maryna Oberholzer van Parys is op 18 Mei getroud.
Kobus en Britney van Rooyen van Koppies is op 9 Maart getroud.
Lukas en Kyleigh Kurek van Vanderbijlpark is op 17 Februarie getroud.

Back to top button