Kom kuier saam op die Vaal se eie Wynroete

Besoek https://www.facebook.com/VaalWineRoute vir meer inligting oor vanjaar se Vaal Meander Wine Route

Die Vaaldriehoek het baie om te bied, en een keer per jaar is daar ‘n wonderlike geleentheid om die streek nog wyer as gewoonlik bekend te stel – alles te danke aan die Vaal Wynroete!
Die immergewilde Vaalrivier Meander Wynroete word vanjaar vir die 20ste jaar aangebied. Plaaslike inwoners sowel as besoekers van buite die Vaaldriehoek kan tot 28 Julie kom deel in die plesier van hierdie bekostigbare wyn- en kosgenot.

Die Wynroete, wat oor agt weke strek, is ’n ontspannende manier om die beste van Suid-Afrika se landgoedwyne te geniet. Dit word vanjaar tot 28 Julie elke Saterdag en Sondag (van 12:00 tot 18:00 elke naweek) deur die deelnemende venues aangebied. Kom op jou eie of kry ‘n klompie vriende bymekaar om die wynproe-geleenthede saam te geniet. R80 per persoon is al wat dit kos om agt verskillende wyne by elke venue te proe. Al die venues op die Wynroete bemark verskillende landgoedere. Dit beteken ‘n mens kan van venue tot venue gaan en ‘n nuwe verskeidenheid uitstekende wyne by elkeen ontdek. Peuselhappies of maaltye kan bykomend bestel word.

Vanjaar se deelnemende venues is:

Stonehaven on Vaal (016 982 2951/2) |
Waterfront Country Lodge (016 987 3434) |
Riviera On Vaal (016 100 5027) |
RioSol (016 423 3333) |
Ocean Basket (016 932 3149) |
Urban Vines (079 491 3062) |
Cock & Bull Pub (082 600 7128) |
Emerald Resort and Casino (016 982 8000) |
The Vaal River Lodge (082 883 7505) |
The Iron Restaurant (063 950 8882)

Wynliefhebbers kan die meeste van hul wynreise maak deur al hierdie plekke tydens die Wynroete-weke te besoek – in enige volgorde van jul keuse.

Besoek The Vaal Wine Route vir meer inligting

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version