Honde kuier lekker by Wiggle Waggle

Wiggle Waggle Day was weer eens 'n groot sukses. Vaalweekblad het 'n paar foto's geneem.

VANDERBIJLPARK. – Die bewolkte weer het nie die vierpotige vriende afgesit nie.

Hanné Daniels en Frikkie.

Saterdag, 29 Junie het hulle in alle groottes en style opgedaag vir Stonehaven-on-Vaal se jaarlikse Wiggle Waggle Day ten bate van die plaaslike DBV.

Lizelle, Harley en Luno Seyman het die winterkoue in pienk aangevat. Foto’s Gerda Bruinette

Vir die kleingoed was daar speletjies op die grasperk en die honde kon luilekker kuier, terwyl hul mense-ouers ontspan het.

Marcelle Daniels en Mielie ontspan na die oggend se bedrywighede.
Cherise en Baily Senekal het derde plek behaal in die “Look alike” afdeling.
Samy of Samantha as sy nie wil luister nie, is ‘n regte diva en het al die ekstra aandag baie geniet.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version