Local newsNewsNews

Neil Sandilands en Die Band – nuwe album, nuwe toer

Het jy al jou kaartjies vir Sondagmiddag om 15:00? Etienne Rousseau Teater, Sasolburg. Jy wil dit nie misloop nie.

SASOLBURG. – Neil Sandilands en Die Band is tans op hul Wintertoer van 40 dae. Sondagmiddag draai hul by die Ettiene Rousseau Teater in Sasolburg.

Neil Sandilands se nuwe album Land&Sand is onlangs vrygestel.

Nie net om van hul ou treffers te sing nie, maar ook nuwes van Neil se nuwe album Land&Sand.

Gaan kyk en luister gerus na Gooi Kole en Lei my na die Water.

Natuurlik gaan daar land en sand gekuier word. Enige vertoning saam met Neil en Die Band (Schalk Joubert, Frank Freeman en Ronan Skillen) sorg altyd vir pret, lekker lag, nostalgie en sommer net trots wees om Afrikaans te kan hoor.

Die vertoning begin om 15:00 en beloof om weer ieder en elke op ʼn lekker-kuier musikale reis te vat. Kry jou kaartjies by www.ertickets.com.

Kyk hier vir nog video’s en toerdatums.

Check Also
Close
Back to top button