Gold Exchange: Verkoop of ruil jou waardevolle artikels hier en kry dadelik kontant!

Kontak Robin & Clarissa by 073 555 3706 vir meer inligting

SAKENUUS
Wil jy jou diamant- of goue juweliersware wat jy nie meer dra nie, jou goue munte of ander waardevolle artikels teen ‘n goeie prys verkoop? Kom gesels met Robin en Clarissa van Rensburg van Gold Exchange, Winkel 11, Stephen Le Rouxstraat, Vanderbijlpark om meer hieroor uit te vind. Die winkel is naby die polisiestasie, aan die oorkant van die straat. ‘n Terugkoop-opsie is ook beskikbaar. Verkoop jou goedere en kry onmiddellik kontant, en koop dit terug wanneer jy gereed is!

“Of mens nou skatryk, brandarm of middelklas is, ons almal het nou en dan dringende of onverwagse goed wat betaal moet word waarvoor mens nie altyd dadelik kontant beskikbaar het nie. Dit is die lewe. En dit is hier waar Gold Exchange jou kan help. Jy kan dadelik tot R20 000 of meer kry vir jou goue juwele of ander artikels wat net lê en stof opgaar by die huis,” sê Clarissa.
Let wel: ID-dokumente is noodsaaklik by alle transaksies en slegs verwerkte goue items en geslypte diamante word gekoop.

Kontak Clarissa en Robin by 073 555 3706 vir meer inligting. Reëlings kan getref word dat hulle jou tuis besoek as jy nie self na die sakesentrum kan kom nie.

Besoek Gold Exhange se Facebookblad hier: https://www.facebook.com/goldexchange.vanderbijlpark

 

 

 

 

Kom maak kennis met Robin en Clarissa by Gold Exchange, Winkel 11, Stephen Le Rouxstraat, Vanderbijlpark, of Whatsapp hulle by 073 555 3706.
Clarissa voor Gold Exchange se vertoonvensters.: Winkel 11, Stephen Le Rouxstraat, Vanderbijlpark
Exit mobile version