Neil Sandilands Sondag in Sasolburg

Neil Sandilands en Die Band. Hierdie Sondag by die ERT in Sasolburg.

SASOLBURG. – Verlede jaar het Neil Sandilands en Die Band die gehoor bekoor en hierdie Sondag gaan hul weer so maak.

As deel van hul landwye wintertoer, Land & Sand, tree Neil en Die Band (Schalk Joubert, Frank Freeman en Ronan Skillen) 7 Julie by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg op.

Kyk hier wat het Neil self te sê

Die vertoning begin om 15:00 en beloof om weer ieder en elk op ‘n lekker-kuier musikale reis te vat. Alles in Afrikaans.

Die manne het ‘n volgepakte toerprogram oor 40 dae en die Vaaldriehoekers is bevoorreg om hierdie legende weer in aksie te sien.

Neil het desjare terug beroemdheid verwerf in verskeie Suid-Afrikaanse film- en televisieproduksies. Die ouer garde onthou hom steeds as Bart van 7de Laan.

Intussen het hy ook al vir homself groot naam gemaak in die VSA as akteur en was hy hierdie jaar ook vir ‘n Emmy benoem.

Maar, Neil kom altyd weer terug Suid-Afrika toe. Hier is sy mense. Afrikaans is sy taal.

Sondag gaan hy weer die gehoor meesleur met sy stories en treffers van sy vorige albums, Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse, Allegaarkie vir ‘n Askeet, Die Groot 5 en Die Groot Niks.

Hy beloof ook dat verskeie liedjies, wat nog nie opgeneem is nie, gaan weerklink. Kry jou kaartjies by www.ertickets.com.

Exit mobile version