Pryse op spel vir plaaslike bruide

Vaalweekblad nooi bruide van dorpe in die Vaal, wat hierdie jaar trou om aan ons Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem. Inskrywings is gratis en daar is soos altyd pryse op die spel.

As jy dus reeds hierdie jaar die knoop deurgehak het, wil ons graag jou inskrywing ontvang.

Stuur dus jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn. Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

Hier is nog van die bruide wat reeds foto’s ingestuur het.

Leo-né en Drikus Botha van Vanderbijlpark is op 18 Mei getroud.
Ben en Moné du Toit van Vanderbijlpark is op 30 Maart getroud.
Exit mobile version