Ons weet wat ons weet

Die Huiswerksentrum in Vanderbijlpark se jongspan gesels oor vleisbraai en of hoender as groente gereken kan word.

Helgard Beytell: Vleis is baie lekkerder as groente. Ek kan al braai en die vleis self omdraai. Nee, hoender is nie groente nie, dis vleis.

Helgard Beytell

Carla van der Westhuizen: Ek hou nie van vleis nie. Ek eet eerder groente soos piesangs, druiwe en ‘n aartappel. Hoender is nie groente nie. Hoender is hoender.

Carla van der Westhuizen

Keagan Nëol: Ek hou van vleis en vleisbraai. My pa sit die vleis op en dan het ek sulke ding wat op en af gaan en dan maak dit wind vir die vuur. Hoender is ongesond as jy dit braai, maar gesond as ons dit saam met wortels opsit.

Keagan Nëol

Sebastian Viviers: Ek hou van blaarslaai en soetwortels, maar baie meer van vleis. Ek kan al vleis braai en burger ‘patties’. Te veel vleis is ongesond, jy kan maagpyn kry. Hoender is ‘n tipe proteïen.

Sebastian Viviers

Bella Hartman: Ek hou nie van groen groente nie, wel van aartappel en aarbeie. Ek hou meer van vleis, veral skaapvleis. Hoender is nie groente nie. Dis vleis, maar gesonder as bees of skaap

Bella Hartman

Skye Dreyer: Groente soos boontjies en waatlemoen is lekker. Ek hou nie van pampoen nie. Vleis is lekker, veral braaivleis. Ek leer nog om te braai. Hoender is ongesonde kos en nie groente nie.

Skye Dreyer
Exit mobile version