Local newsNews

Vrou se paniek oor bure se dooie hoenders – Wie kan help?

Mariska moet dringend vier hoenders as plaasvervangers vind nadat haar honde die bure s'n doodgebyt het.

 

Mariska Louw van Sasolburg sit met haar hande in die hare: Sy sê haar buurvrou wil die DBV laat kom om haar honde weg te vat nadat hulle vier van die buurvrou se hoenders doodgebyt het.

Mariska sê sy voel verskriklik sleg oor die hoenders en weet nie watter kant toe nie. Sy vertel: “Daar was al lankal probleme as die bure se hoenders oor die muur gevlieg het tot in ons erf. My een hond was nog klein toe hy op dié manier een van hulle hoenders doodgebyt het. Ek het al vir die bure gevra om seker te maak hulle hoenders bly in hulle erf.

“Ek weet nie hoe my hond/e nou oor hulle muur gekom het en die hoenders daar gebyt het nie. Ek weet nie wat om te doen nie! Die polisie was hier en hulle gaan die DBV bring om my honde weg te vat. Mag hulle dit doen?
“Ek wil dringend vir die bure vier hoenders teruggee maar ek is ‘n enkelma met twee kinders en het nie nou geld om nuwe hoenders te koop nie. Is hier dalk iemand wat bereid is om vier hoenders vir my buurvrou te skenk? Asseblief, help my! My honde is soos my kinders en ek sien nie kans om hulle te verloor nie!”

  • Kontak Vaalweekblad per WhatsApp by 083 246 0523 as iemand bereid is om hoenders vir die bure te skenk en sodoende voorkom dat Mariska haar honde verloor . 

Check Also
Close
 
Back to top button