SASOLBURG. – Die Primêre Skool Fonteine se o/11-rugbyspan het onlangs by Vaalpets Animal Shelter in Vanderbijlpark gaan kuier en welkome donasies van dierekos afgelewer. Hulle het hulself ook handig gemaak deur van die toerusting vir die diere te was en netjies te maak.
Die Fonnies daag alle ander skole in die Vaaldriehoek uit om ook ‘n draai by Vaalpets te gaan maak, donasies te skenk of op enige ander manier ondersteuning te toon.