Local newsNews

Laerskool Fonteine se flukse rugbymanne kuier by Vaalpets

Die Fonnies daag alle ander skole in die Vaaldriehoek uit om ook 'n besoek aan Vaalpets te bring en dié diereorganisasie te ondersteun.

 

SASOLBURG. – Die Primêre Skool Fonteine se o/11-rugbyspan het onlangs by Vaalpets Animal Shelter in Vanderbijlpark gaan kuier en welkome donasies van dierekos afgelewer. Hulle het hulself ook handig gemaak deur van die toerusting vir die diere te was en netjies te maak.

Die Fonnies daag alle ander skole in die Vaaldriehoek uit om ook ‘n draai by Vaalpets te gaan maak, donasies te skenk of op enige ander manier ondersteuning te toon.

Hier is van die Primêre Skool Fonteine se leerders hard besig om te wys dat ‘n klompie flukse hande ‘n groot verskil in die lewe van diere by Vaalpets se skuiling kan maak.
‘n Paar van die verteenwoordigers van die Primêre Skool Fonteine wat hul deel by Vaalpets gaan doen het.

 
Back to top button