Local newsNewsNews

Jong barista (23) onthou

André Gerryts (23) sal altyd onthou word vir sy kreatiwiteit, positiewe ingesteldheid en liefde vir sy medemens.

VANDERBIJLPARK. – Dinsdag, 19 Junie was ‘n hartseerdag vir die familie en vriende van André Gerryts (23).

Hy en Louisa de Koning (39) was op pad werk toe op sy motorfiets, toe hul in ‘n toe hul in ‘n ongeluk met ‘n vragmotor betrokke was.
André is op slag oorlede en Louisa is met ernstige beserings na ‘n hospitaal vervoer.

André was ‘n barista by Blissfull Baking in Vanderbijlpark, terwyl Louisa die een is wat baie van die lekker eetgoed daar bak.

André se eggenoot, Schalk, het die boodskap aan hom opgedra.

“André, my liewe man, jy was die glimlag in baie mense se harte gewees en selfs deur die dag het jy net daardie manier gehad om enige negatiewe te laat ontvorm in ‘n positief.

“In elke nuwe uitdaging wat jy aangedurf het, het jy met passie aangevat en dit geniet. Jy gaan gemis word deur my en die geliefdes wat wag tot jy ons kom haal.”

‘n Gedenkdiens vir André is Donderdagoggend by die AGS Dinamika Familie Gemeente gehou.

Check Also
Close
 
Back to top button