Local newsNewsNews
Springbok-koors is terug in die Vaaldriehoek
Altyd lekker as die Springbokke hul jaar met 'n wen open. Kyk net, hoe breed glimlag die ondersteueners.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/06/rugby-1-780x470.jpg)
VANDERBIJLPARK. – Dit was die Springbokke se eerste toets vir 2024 en bokkoors het behoorlik vlamgevat in die Vaal.
Springboktruie is weer uitgegrawe en almal was slaggereed vir die groot stryd teen Wallis.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/06/rugby-4-520x347.jpg)
Vaalweekblad het vlak voor die wedstryd by Knock Out Pub & Grill en Horse and River Pub & Gril gaan draai om die gees vas te vang.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/06/rugby-2-520x347.jpg)
Die glimlagte was breed, want almal het geweet dr. Rassie Erasmus en sy span gaan ons nie teleurstel nie.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/06/rugby-3-520x347.jpg)
Die Bokke het die Walliese Drake se vuur met 41 – 13 geblus.