Jabes Foundation sê dankie vir dié ondersteuning

Jabes bedank graag die Du Plooys sowel as Vaal Slaghuis wat bygedra het tot die projek se groot sukses.

 

VANDERBIJLPARK. – Die Jabes Foundation is ‘n geregistreerde NPO/Sec 21/PBO organisasie wat ‘n diens lewer aan verskeie welsynorganisasies deur kinders in pleegsorg en/of veilige bewaring in te neem. Om die finansiële las vir die organisasie en die huisouers ligter te maak, word daar deurlopend maniere gesoek om fondse in te samel.
Ian en Ronel du Plooy, wat omgeeharte vir kinders het, het dit goed gedink om ‘n blesbok te skenk vir die doel om fondse in te samel vir die Jabes Foundation Pleeghuise. Kaartjies is uitgeloot en die trekking is op Saterdag, 8 Junie by Vaal Slaghuis in Vanderbijlpark gedoen.
As deel van Vaal Slaghuis se bydrae het die eienaars, Pieter en Dalene Maass, onderneem om die bok gratis vir die wenner, Winnie Jordaan, te verwerk.
Die Jabes Foundation bedank graag die Du Plooys sowel as Vaal Slaghuis en almal wat bygedra het om die projek so ‘n groot sukses te maak.

Pieter Maass (Vaal Slaghuis), en Johan Riekert (voorsitter: Jabes).

Onder die teenwoordiges by die kaartjietrekking was (van links) Ben Riekert (direkteur: Jabes Foundation), Annatjie Greyvenstein van Jabes wat die trekking behartig het, Dalene en Pieter Maass (Vaal Slaghuis), en Johan Riekert (voorsitter: Jabes).
Exit mobile version